top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onderwysdepartement bekommerd oor lae belangstelling in wiskunde

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 16, 2025
1 min read

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die departement is steeds bekommerd oor die lae belangstelling in vakke soos wetenskap en wiskunde. SABC-nuus berig senior amptenare het voor die parlementêre portefeuljekomitee verskyn om die 2024-matriekuitslae te ontleed. Die nasionale slaagsyfer was 87 persent. Gwarube sê egter daar moet meer gedoen word om jong kinders aan te moedig om wetenskap, tegnologie, en wiskunde te kies. Sy sê leerlinge se belangstelling in dié vakke moet reeds van grondslagfase ontwikkel word, sodat hulle meer vertroue in die vakke het op hoërskool.

 
 
 

Comments


bottom of page