top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onderwyser te meisieskool in sop vir ongehoorde gedrag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11, 2024
1 min read

’n Onderwyser aan ’n meisieshoërskool is geskors weens bewerings van seksuele verhoudings met verskeie leerlinge. Volgens The Citizen het die skorsing gevolg nadat ’n voormalige leerling die skool daarvan beskuldig het dat hulle die onderwyser se gedrag geïgnoreer het. Sy het aangedui dat die onderwyser al voorheen by ander skole vir soortgelyke redes geskors is. Volgens haar het verskeie leerlinge oor die onderwyser gekla, maar daar is geen stappe geneem nie. Daar word ook beweer dat hy ’n matriekleerling swanger gemaak het. Die departement van basiese onderwys ondersoek tans die bewerings. Die skool se bestuursliggaam het ‘n brief op sosiale media geplaas wat bevestig dat die saak aan die departement van onderwys gerapporteer is, en ouers sal gereeld op hoogte gehou word van die vordering van die ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page