top of page

Onderwysers met kriminele skuldigbevindings word ontslaan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 17
  • 1 min read

Provinsiale Onderwysdepartemente regoor die land berei voor om 60 onderwysers met kriminele skuldigbevindings in die komende maande te ontslaan.


Hierdie onderwysers se besonderhede is óf in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders óf in die polisie se vingerafdruk- en klaringrekords gevind.


Volgens sommige departemente kan dit tussen drie tot agt maande duur om die onderwysers se dienste te beëindig.


Die Departement van Basiese Onderwys sê slegs ongeveer 10% van onderwyser in die stelsel is teen die register gekeur.


Minister Siviwe Gwarube beweer dat die afhanklikheid van die Departement van Justisie en die polisie die keuring van personeel vertraag.


Siviwe Gwarube. FOTO: News24
Siviwe Gwarube. FOTO: News24

Comments


bottom of page