top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongebruikte selfoonnommers kan verval

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 2
  • 1 min read

Selfoonnommers kan voortaan gedeaktiveer word indien dit vir 90 opeenvolgende dae nie gebruik word nie.


Volgens die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, Okosa, geld dit vir nommers waarop geen aktiwiteit plaasvind wat inkomste vir 'n selfoonnetwerk genereer nie.


Voorafbetaalde gebruikers moet ná 60 dae van onaktiwiteit gewaarsku word, gevolg deur 'n verdere kennisgewing van 30 dae en minstens twee herinnerings voordat 'n nommer gedeaktiveer word.


Okosa sê gebruikers kan ook aansoek doen vir 'n gratis vrystelling van 183 dae om 'n onaktiewe nommer te behou.


Netwerkoperateurs het ses maande om die nuwe regulasies in werking te stel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page