top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongeluk eis lewens aan die begin van Bloemfontein se Paasnaweek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 18, 2025
1 min read

Twee mense het hul lewens verloor in ’n ongeluk op die N8, kort buite Bloemfontein. Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het in ’n kennisgewing gedeel dat ’n bus en ’n motorvoertuig Donderdagaand betrokke was by die ongeluk, sowat 5 km van Makro in die rigting van Kimberley. Volgens die Vrystaatse Padvoorvalbestuurstelsel se Sipho Towa was verskeie nooddienste op die toneel. Twee mense was vasgekeer en een is medies geassesseer. Towa het intussen aan Rosestad-nuus bevestig dat twee van die insittendes intussen oorlede is. Brandweerbeamptes is ontbied om die vasgekeerde persone te bevry, terwyl die polisie en verkeersdienste die padbeheer hanteer het. Die pad is intussen weer oopgestel vir verkeer.

 
 
 

Comments


bottom of page