top of page

Ongeluk in Bloemfontein laat twee ernstig beseer terwyl een persoon sterf

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 30
  • 1 min read

‘n Ongeluk Donderdagaand tussen twee bakkies op die Nelson Mandela Rylaan brug wat oor die N1 loop het die lewe van ‘n vrou geëis, terwyl twee persone ernstig beseer is. Volgens Netwerk24 het die ongeluk omstreeks nege uur die aand tussen ‘n Toyota- en Nissan-bakkie gebeur. Twee manlike pasiente is in ernstige toestand na die Mediclinic Bloemfontein geneem nadat hulle deur die brandweer uit die voertuie bevry is. Volgens ER24 nooddienste is dit nog onduidelik wat presies gebeur het.

 
 
 

Comments


bottom of page