Ongeregistreerde begrafnisondernemings neem toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 22
- 1 min read
Kommer neem toe oor die groeiende aantal ongemagtigde begrafnisondernemings in Suid-Afrika.
Volgens Eyewitness News sê die Suid-Afrikaanse Begrafnispraktisynsvereniging meer as 20 000 ondernemings werk tans sonder behoorlike registrasie.
Die vereniging sê baie van dié ondernemings lewer steeds veilige dienste aan die publiek, maar moet by geakkrediteerde organisasies aansluit.
Die vereniging se uitvoerende hoof, Nomfundo Mcoyi-Zondo, sê ondersteuning en opleiding is beskikbaar om ondernemings te help om aan regulasies te voldoen.
Begrafnisondernemers van regoor die land sal volgende week in Durban vergader om onder meer groei, innovasie en regulering in die bedryf te bespreek.








Comments