top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongeregistreerde plaagdoders bedreig Suid-Afrika se voedselketting

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 19
  • 1 min read

Ongeregistreerde plaagdoders wat onwettig Suid-Afrika binnegebring word, hou 'n gevaar vir die voedselketting in.


eNCA berig verder volgens toksikoloog Gerhard Verdoorn word dié chemikalieë as smokkelware uit onder meer Zimbabwe en Mosambiek die land ingebring en word onder onveilige omstandighede gebruik.


Volgens hom beland die plaagdoders in voedsel en kan dit ernstige gesondheidsgevolge hê, veral vir kinders.


Verdoorn sê sterker beheermaatreëls is nodig om te keer dat die ongeregistreerde chemikalieë gemeenskappe bereik en die voedselketting verder besoedel.


Gerhard Verdoorn. FOTO: Netwerk24
Gerhard Verdoorn. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page