top of page

Ongeveer 210 000 mense eis toelaes waarop hulle nie geregtig is nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 31
  • 1 min read

Ongeveer 210 000 Suid-Afrikaners eis sosiale sekerheidsvoordele waarop hulle nie geregtig is nie. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) sê dié individue het nie hul ander bronne van inkomste verklaar nie. Sommige van hulle is staatsamptenare. ‘n Sassa-woordvoerder, Paseka Letsatsi, het ‘n beroep op dié eisers gedoen om na vore te kom. Letsatsi het aan Newzroom Afrika gesê geen kriminele aanklagte word in hierdie stadium vervolg nie, maar dit kan verander.

 
 
 

Comments


bottom of page