top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongeveer 500 Toyota-voertuie word vir veiligheid herroep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9
1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping van 518 Toyota-voertuie aangekondig.


Die probleem behels onbehoorlike programmering van die voertuig se kombinasiemeter wat sekere Toyota RAV4-, Corolla Cross-, Corolla Hatchback-, Crown- en GR Corolla-voertuie raak.


Volgens die Nasionale Verbruikerskommissie kan onnodige data herhaaldelik na ‘n geheuetoestel geskryf word as gevolg van onbehoorlike programmering van die kombinasiemeter, wat veroorsaak dat die geheuetoestel vroeër as wat dit moet agteruitgaan. Die voertuie is tussen 2022 en 2024 landwyd verkoop.


Verbruikers kan hul voertuie na ‘n Toyota-handelaar te neem om die foutiewe komponente te laat herprogrammeer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page