top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ongeëiste deposito's moet voor einde Junie opgeëis word

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, doen 'n beroep op mense om onbekende of ongeëiste elektrisiteitsdeposito's en terugbetalings voor die einde van Junie op te eis.


Volgens 'n openbare kennisgewing vra die kragverskaffer dat kliënte wat betalings gemaak het sonder om hul rekeningnommers as verwysing te gebruik, na vore moet kom sodat die geld aan die korrekte rekeninge toegeken kan word.


Centlec sê kliënte met onaktiewe elektrisiteitsrekeninge wat steeds kredietsaldo's toon, moet ook voor 30 Junie om terugbetalings aansoek doen.


Die entiteit waarsku dat ongeëiste deposito's en terugbetalings ná die sperdatum na sy algemene inkomsterekening oorgeplaas sal word.


Ter illustrasie. FOTO: ActionSA
Ter illustrasie. FOTO: ActionSA

 

 
 
 

Comments


bottom of page