Onpadwaardige voertuie gaan nie die feestyd geduld word nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Verkeersbeamptes gaan nie onpadwaardige voertuie die feestyd duld nie. Dit volgens die korporasie vir padverkeersbestuur.
Die korporasie sê byna 230 000 voertuie is die afgelope week landwyd gestop en nagegaan.
Meer as 650 voertuie is weens onder anderede gladde bande, foutiewe remme, gebreek ligte en gekraagte windskerms van die pad afgehaal.
Verder is meer as 700 voertuie vir die bestuur sonder geldige permitte in beslag geneem.
Namate die vakansie begin doen die korporasie se Simon Zwane ‘n beroep op motoriste om foute te herstel voordat langafstandreise onderneem word.






Comments