Onpadwaardige voertuie word in Bloem geskut
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Verskeie voertuie is tydens ’n klopjag op onpadwaardige en nie-nakomende voertuie in Bloemfontein geskut.
Volgens berigte deur StepUp is die operasie by die munisipale werkswinkel in Rhodeslaan uitgevoer. Beamptes het voertuie met vervalde lisensies en selfs bedrieglike dokumente opgespoor. Een motor se lisensieskyf het glo reeds in Februarie 2013 verval.
Die bestuurders sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Hulle berig verder volgens die hoof van die Departement vir Openbare Veiligheid en Vervoer in die Mangaung-metro, Israel Kgamanyane, vorm die optrede deel van ’n volgehoue veldtog om wetstoepassing te verskerp. Hy waarsku daar is geen plek vir oortreders om weg te kruip nie, aangesien wetstoepassers regoor die metro ontplooi is.








Comments