top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onraad word vermoed oor die tenderproses vir slim-bestuurslisensiekaarte

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 6, 2024
1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), sê die tendertoekenning wat aan Idemia gemaak is vir die land se nuwe slim-bestuurslisensiekaarte, moet teruggetrek word. Volgens Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, is sy organisasie van mening die tenderproses is gemanupileer om die kontrak aan ‘n spesifieke maatskappy toe te ken. Hoewel Outa waardering het vir die ondersoek wat tans gedoen word, sê Duvenhage dat Barbara Creecy, minister van vervoer, die tendertoewysing hangende die ondersoek terug moet trek.

 
 
 

Comments


bottom of page