top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ontdek die maan en sterre by Boyden-sterrewag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27, 2024
1 min read

Met vyf internasionale teleskope op die terrein, bly Boyden-sterrewag aan die voorpunt van wetenskaplike navorsing en opvoeding. Die teleskope sal ook handig te pas kom wanneer aarde die naweek sy, tydelike tweede mini-maan kry. Die mini-maan of te wel asteroïde, sal vanaf Sondag in die aarde se gravietasie trek vasgevang word voordat hy sy reise einde November, om ons sonnestelsel voortsit. Op sosiale media vertel die Universiteit van die Vrystaat (UV) Boyden-sterrewag, wat in 1889 deur Harvard College Observatory gestig is en in 1927 na Bloemfontein verskuif is, is al meer as 'n eeu lank 'n baken van astronomiese ontdekkings. Boyden, geskenk aan die (UV) in die 1970's, gaan voort om te inspireer en betrokke te raak deur sy aktiewe gemeenskapsuitreik en astrofisika-navorsing. Meer as 1 700 leerders verlede jaar Boyden en die UV-planetarium besoek het om die wonders van die heelal te verken.

 
 
 

Comments


bottom of page