top of page

Ontevrede Vrystaatse werkers gaan voort met hul staking

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 28, 2025
  • 1 min read

Die meer as 120 ontevrede werkers regoor die Vrystaat het belowe om met hul staking oor salarisverhogings by die provinsie se Dobbel-, Drank- en Toerisme-owerheid voort te gaan.


Bloem Express berig die staking het Maandag begin, nadat hulle ‘n dooiepunt met die direksie en bestuurspan oor salarisverhogings bereik het.


Volgens die Nasionale Onderwysgesondheids- en Geallieerde Werkersunie se Vrystaat-sekretaris het die werknemers laas in 2023-24 ‘n verhoging ontvang.


Die unie voeg by werknemers is steeds hul verhoging van 5% en 2.5% vir van die 2024-’25 finansiële jaar en die 2025-’26 finansiële jaar verskuldig.


In wese beteken dit dat werkers vir twee agtereenvolgende jare geen verhoging ontvang het nie.  


FOTO: Bloem Express
FOTO: Bloem Express

Comments


bottom of page