top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ontevrede werkers bestrooi Theunissen-strate met rommel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Ontevrede munisipale werkers van die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat, wat sedert Junie glo nog nie salarisse ontvang het nie, het die afgelope twee dae rommel in die strate van Theunissen gestrooi.


Netwerk24 berig klippe lê ook in ’n straat waar dit deur die ontevrede munisipale werkers geplaas is.


DA-raadslid Marieta Visser sê inwoners van Theunissen het Maandag die rommel wat gestrooi is, opgetel en die strate skoongemaak, terwyl VF Plus-raadslid Willem Potgieter sê stakende werkers het ook Dinsdag rommel die strate uitgegooi, veral in die gebiede om die munisipale kantore.


Die munisipaliteit het op 15 Julie in ’n kennisgewing aan werkers gesê hy kan steeds nie salarisse vir die oorblywende posvlakke betaal nie weens uitdagings met inkomste-invordering, die vertraging in die uitbetaling van die munisipaliteit se billike-aandeeltoekenning, asook die voortgesette sluiting van kantore wat gesamentlike pogings belemmer om inkomste uit ander bronne aan te vul.


Die munisipaliteit is een van die 16 munisipaliteite in die Vrystaat wie se billike-aandeeltoekenning vir Julie deur die nasionale tesourie teruggehou is.


Die woordvoerder van die munisipaliteit, Zongezile Ntjwabule, het nie navrae gereageer nie.


Rommel in Theunissen se strate. FOTO: Verskaf aan Netwerk24
Rommel in Theunissen se strate. FOTO: Verskaf aan Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page