top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ontevredenheid oor adjunkminister se afwesigheid by Skoor-vergadering

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 4, 2024
1 min read

Daar is ontevredenheid oor die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, se versuim om die vergadering van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) by te woon. Die Nasionale Vaardigheidsfonds en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) was veronderstel om die komitee in te lig oor die ondersoeke na hul wanbestuur en korrupsiebewerings. Volgens die DA het sy afwesigheid studente verontagsaam wie se toekoms deur die Nasionale Vaardigheidsfonds en Nsfas geraak is. Farhat Essack, van die DA, sê ‘n ondersoek het ook aan die lig gebring hoe die Nasionale Vaardigheidsfonds miljarde rande oor 10 projekte misbruik het.

 
 
 

Comments


bottom of page