Ontleders verwag beter ekonomiese groei
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 26, 2025
- 1 min read
Ontleders meen dat Suid-Afrika se ekonomie vanjaar met soveel as drie keer die verwagte koers kan groei weens besteding en beleggings. Volgens Newskoop sê Absa Bank-ontleder, Miyelani Maluleke, ekonomiese groei kan vanjaar so hoog soos twee-komma-een persent wees. Hierdie voorspelling is ten spyte van die volgehoue spanning met Amerika. Amerika bly een van die grootste handelsvennote vir Suid-Afrika. Die spanning met die VSA het ook nie daarin geslaag om ʼn negatiewe impak op die sterkte van die rand te hê nie. Suid-Afrika se ekonomie het die afgelope dekade met ʼn jaarlikse gemiddelde van minder as een persent gegroei.







Comments