Ontsnapte gevangene word in Swartruggens vasgetrek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 2
- 1 min read
Ná drie weke op vrye voet het die polisie ’n ontsnapte gevangene, wat uit ’n polisiekantoor in Noordwes ontsnap het, weer in hegtenis geneem. LEES MEER: Die Poliesie is op jag na drie verhoorafwagtendes wat deur die dak ontsnap het Volgens polisiewoordvoerder kol. Adéle Myburgh het die man saam met drie ander op 8 Desember deur die dak van die Swartruggens-polisiekantoor se aanhoudingselle ontsnap. News24 berig een van die mans is kort ná die ontsnapping aangekeer, en nog twee die week daarna. Die vierde verdagte is Dinsdag 31 Desember in hegtenis geneem nadat die lede van die publiek sy ligging aan die polisie bekend gemaak het. Polisiewoordvoerder lt.kol. Sam Tselanyane sê die man het in verlate plaashuise in Swartruggens geskuil.





Comments