top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ontsnapte krokodille is langs die R40 gevang

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 23
  • 1 min read

Sewe krokodille, wat vermoedelik van ’n krokodilplaas ontsnap het, is langs die R40 naby Barberton gevang.


Volgens Maroela Media het agt krokodille glo deur ’n gesnyde draadheining ontsnap. Een van die krokodille is dood nadat dit deur ’n voertuig getref is.


Die diere, wat tussen 2.5 en 3 meter lank is, is met die hulp van veiligheidsmaatskappye en die Mpumalanga-toerisme-en-parkeraad opgespoor en beveilig.


Owerhede sê die vinnige optrede het verdere risiko’s vir motoriste en omliggende gemeenskappe voorkom.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page