Ontstelde ouers sluit 'n Vrystaatse laerskool se hekke
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 16, 2025
- 1 min read
Die hekke van die Philippolis Primary School in die Vrystaat is nou gesluit. Dit kom nadat ouers uit radeloosheid besluit het om hul kinders by die huis te hou totdat die Vrystaatse onderwysdepartement by die skool ingryp.
Netwerk24 berig een van die ouers, Veronica Mvubu, sê daar is tans net een onderwyser wat kinders van Graad 4 tot 7 moet onderrig, en net een vir Graad R. Sy meen dat die kinders se reg tot onderwys geskend word.
Sy voeg by die badkamers het nie lopende water nie, en talle onderwysers is vir weke aaneen op siekteverlof.
Die woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, het nie kommentaar gelewer nie.






Comments