Ramaphosa verdedig Roelf Meyer se aanstelling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 16
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het sy keuse van ‘n voormalige minister uit die apartheidsera, Roelf Meyer, verdedig om Suid-Afrika se volgende ambassadeur in die Verenigde State (VSA) te wees.
Ramaphosa sê Meyer was nog altyd ‘n lojale en patriotiese burger. Die president het Woensdag aan die kantlyn van ‘n Nasionale Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsberaad in Boksburg gepraat.
Die aanstelling is vanuit sommige oorde met kritiek begroet, maar Ramaphosa het herhaal dat hy goed op hoogte is van regeringsbeleid. Hy sê Meyer is meer as gekwalifiseerd om die land se verhouding met die VSA te herkalibreer.





Comments