Ontvoerde Martie du Plessis-leerder is gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27
- 1 min read
Die ontvoerde graad 11-leerder van Martie du Plessis Skool in Bloemfontein, Kamogelo Baukudi, is na ‘n gekoördineerde reddingsoperasie gevind. Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie is Baukudi na weke van intensiewe ondersoeke Vrydagoggend vroeg veilig in Wepener opgespoor en gered. Vyf mans is tydens die operasie in hegtenis geneem, waarvan drie verdagtes by 'n huis in Kanan aangekeer is, terwyl Baukudi en twee ander op die pad tussen Kwetla en Wepener gevind is. Baukudi is op 5 Junie ontvoer terwyl hy van die skool af in Verneenigingrylaan huis toe gery het. Sy verdwyning het wydverspreide kommer veroorsaak en gelei tot die stigting van 'n toegewyde multidissiplinêre taakspan onder leiding van die Mangaung Metro Distrikskommissaris, Majoor-generaal Arthur Peter Adams.





Comments