top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ontvoerde vrou van Kaapstad is in die Oos-Kaap teruggevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 26, 2024
1 min read

‘n Kaapstadse vrou wat laas week Vrydag ontvoer is, is teruggevind. Die 39-jarige Alize van der Merwe is vroeër vanmiddag saam met ‘n ander vrou wat na bewering ook in September ontvoer is, naby die Sulenkama-polisiekantoor in die Oos-Kaap vrygelaat. Van der Merwe was op pad na ‘n vakansieoord suid van Port St. Johns toe sy ontvoer is. Haar ontvoerders het haar familie gekontak en ‘n losprys geëis. Die Valke sê dat die twee vroue se vrylating as gevolg van volgehoue druk deur die polisie is. Netwerk24 berig dat beide vroue getraumatiseerd is en dat hulle hospitaal toe geneem is vir behandeling.

 
 
 

Comments


bottom of page