top of page

Ontvoerders eis miljoene vir Bloemfonteinse skoolseun

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 25, 2025
  • 1 min read

Die ontvoerders wat ‘n Bloemfonteinse skoolseun byna drie weke gelede naby sy skool ontvoer het, eis glo ‘n losprys van R7 miljoen van sy ouers. Volgens Netwerk24 het die 42-jarige polisielid, Nzima Adoons, wat in verband met die ontvoering van die 19-jarige Kamogelo Baukudi in hegtenis geneem is, Dinsdag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Luidens die klagstaat word hy daarvan beskuldig dat hy Baukudi ontvoer het, en staan ook op ‘n aanklag van afpersing tereg. Dit nadat hy glo die leerder se ma onder druk geplaas het om die losprys te betaal. Adoons se borgtogaansoek is tot volgende week Maandag uitgestel sodat die verdediging daarop kan voorberei.

 
 
 

Comments


bottom of page