Ontvoerders hou Vrystaat-man glo vir vier dae aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 15
- 1 min read
Vyf mans wat na bewering ’n Vrystaat-man ontvoer en vier dae lank aangehou het het op Donderdag 15 Mei in die landdroshof in Selosesha verskyn. Volgens ’n polisieverklaring is die slagoffer in Maart ontvoer. Die verdagtes het glo ’n buitensporige bedrag geld gesteel deur die slagoffer se bankkaart by verskeie kleinhandelwinkels in Bloemfontein te gebruik en ook om geld na verskillende rekeninge oor te betaal. Hy is op 25 Maart vrygelaat. Die verdagtes is met behulp van videomateriaal en ’n voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, geïdentifiseer. Twee is in hegtenis geneem en drie het hulself aan die polisie oorgegee. Die saak is uitgestel tot 29 Mei en hulle bly in aanhouding.





Comments