top of page

Ontwikkelinge in die Moroadi Cholota-saak is volgens ActionSA is ‘n teken van ‘n ineenstortende regstelsel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 10
  • 1 min read

Die jongste ontwikkelinge in die Moroadi Cholota-saak is volgens ActionSA in die Vrystaat ‘n teken van ‘n ineenstortende regstelsel. Die party het gereageer op berigte dat Cholota oorweeg om die Suid-Afrikaanse regering te dagvaar oor ‘n beweerde onwettige poging om haar uit die Verenigde State uit te lewer. ActionSA se Patricia Kopane sê die saak is ‘n aanduiding van polities gedrewe onreëlmatighede en selektiewe aanspreeklikheid in die howe. Die party eis ‘n parlementêre ondersoek na die optrede van die Nasionale Vervolgingsgesag asook ‘n onafhanklike hersiening van alle uitleweringsprosesse. Rosestad-nuus het vroeër berig dat die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein, in 'n uitspraak oor die Vrystaatse asbessaak se verhoor-binne-'n-verhoor, beslis het dat dié voormalige persoonlike assistant van eerstydse Vrystaatse premier Ace Magashule se uitlewering onwettig en ongrondwetlik was.

 
 
 

Comments


bottom of page