top of page

Onwettige besetters net buite Bfn kry glo infrastruktuur

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die onwettige grondbesetters van die Mountain View- informele nedersetting buite Bloemfontein kry nou glo geskraapte paaie en waterpype, en dit lyk of die terrein vir menslike nedersetting voorberei word.


Netwerk24 berig dit ontstel inwoners van die Bloemdal-hoewes, wat glo al jare sukkel dat die Mangaung-metro hul slegte paaie skraap. Hulle sê hulle moet betaal vir water en krag, maar die besetters kry nou “alles verniet”.


’n Inwoner van die informele nedersetting sê erwe sal binnekort toegeken word.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die stadsbestuurder van die Mangaung-metro, Sello More, sê die projek is deur die landmeter-generaal goedgekeur.


LUISTER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


More sê dit is op 1 Oktober 2024 goedgekeur dat die metro die voorgestelde program kan oorweeg om behuisingsuitdagings in Mangaung aan te pak deur die benutting van bestaande persele met voltooide wetlike grondontwikkelingsprosesse. Die projek bestaan uit 2-duisend erwe, waarvan sowat 1-duisend 940 as bewoonbare residensiële erwe toegeken word. Hy voeg by die ontwikkeling vorm deel van die metro se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk. In die eerste jaar sal slegs basiese dienste verskaf word in ooreenstemming met die verpligte nasionale water- en sanitasie-diensstandaarde.


FOTO: Google Maps
FOTO: Google Maps


 
 
 

Comments


bottom of page