‘Onwettige immigrasie plaas druk op dienste’
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 3
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê onwettige immigrasie plaas druk op openbare dienste en ondermyn pogings om meer werksgeleenthede te skep.
IOL berig Ramaphosa het die opmerking tydens die Presidensie se begrotingsdebat in die Parlement gemaak.
Hy sê die regering neem stappe teen oortredings van immigrasiewette deur onder meer grensbeheer te versterk, korrupsie in die immigrasiestelsel te bekamp en inspeksies by werkplekke op te skerp.
Ramaphosa voeg by werkgewers wat arbeids- en immigrasiewette oortree, sal vervolg word.
Hy het ook beklemtoon dat alle mense in Suid-Afrika, ongeag hul nasionaliteit, die land se wette moet respekteer.








Comments