Onwettige inmenging met hommeltuie kan jou duur te staan kom

Die onwettige beskadiging van iemand anders se hommeltuig kan met 'n boete van tot R50 000, 10 jaar tronkstraf of albei gestraf word.
Nuusflits berig die prokureur Cor van Deventer sê baie mense besef nie dat 'n hommeltuig ingevolge die wet as 'n vliegtuig geklassifiseer word nie.
Hy waarsku dat enige inmenging met ‘n hommeltuig ‘n strafregtelike oortreding is en dat swaarder strawwe van tot 30 jaar gevangenisstraf opgelê kan word indien ‘n vliegtuig in diens in gevaar gestel word.
Volgens Van Deventer mag slegs die staat, en dan net binne streng wetlike perke, 'n hommeltuig beskadig.
Hy sê baie persone wat hommeltuie vir ontspanning gebruik, is onbewus van die wetgewing en selfs hommeltuie wat minder as 250 gram weeg, is nie van die regulasies vrygestel nie.









Comments