top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onwettige mynbou is in die VS ontdek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 2
  • 1 min read

Vier ongedokumenteerde persone is in hegtenis geneem nadat 'n onwettige mynraffinadery op 'n plot in Bultfontein in die Vrystaat ontdek is.


Die Shoshanguve honde-eenheid het op inligting gereageer en op die verdagtes afgekom waar hulle besig was om sand te verwerk wat vermoedelik goud bevat. Nova News berig die myntoerusting is in beslag geneem.


Onwettige goudmynwerk behels die prosessering van goudhoudende materiaal sonder die nodige permitte, en dikwels met die gebruik van gevaarlike en metodes wat skadelik vir die omgewing is.


Die verdagtes is vas vir aanklagtes insluitend onder andere die onwettige besit van goudhoudende materiaal, en oortreding van die immigrasiewet. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.


FOTO: Nova News
FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page