top of page

Onwettige studente-akkommodasie neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die VF Plus is bekommerd oor die groeiende verskynsel van onwettige studente-akkommodasie.


Residensiële erwe word glo toenemend omskep in akkommodasie vir studente sonder die nakoming van munisipale verordeninge, soneringsbepalings en bouregulasies.


Luidens ‘n mediaverklaring het die VF Plus tydens ‘n oorsig besoek in Kroonstad in die Vrystaat bevind dat studente in sekere gevalle in onaanvaarbare omstandighede woon.


Volgens die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) se 2026-akkommodasievereistes moet alle privaat akkommodasie voldoen aan streng standaarde voordat dit vir studente geakkrediteer kan word.


Indien hierdie vereistes nie nagekom word nie, kan die akkommodasie nie vir NSFAS-befondsing kwalifiseer nie.


Die VF Plus voeg by inwoners en studente het ’n reg op wettige ontwikkeling en veilige, waardige akkommodasie.


Ter illustrasie. FOTO: Nova News
Ter illustrasie. FOTO: Nova News

Comments


bottom of page