top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onwettige studenteverblyf wek kommer

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 5
1 min read

Die DA in die Vrystaat het kommer uitgespreek oor die toename in onwettige studenteverblyf in Sasolburg en blameer bestuursmislukkings by die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit.


Die DA sê huise word omskep in hoëdigtheidbehuising sonder hersonering, goedgekeurde planne, brandvoorkoming of wettige nutsverbindings. Die party waarsku dat onwettige elektrisiteits- en waterverbindings substasies oorlaai, die watervoorraad belas en die munisipaliteit miljoene in verlore inkomste kos.


Die DA se Linda Day sê die party beplan om ‘n volledige oudit te eis, te druk vir ontkoppelings en strenger verordeningsafdwinging, en eiendomseienaars aanspreeklik te hou.


LUISTER HIER:


Linda Day

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page