Oom Paul begin sy eie groot trek na Orania
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
’n Ewebeeld van die Paul Kruger-standbeeld wat op Kerkplein in Pretoria staan, het op Erfenisdag vertrek en sal op 10 Oktober, Kruger se 200ste verjaarsdag, in Orania ’n permanente staanplek te kry.
Maroela Media berig die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê Orania bied 'n veilige staanplek, weg van diegene wat Oom Paul se standbeeld op Kerkplein en sy nalatenskap wil vandaliseer en vernietig.
Die besturende direkteur van die FAK, Danie Langner, sê ná vele mislukte pogings om die beelde teen politieke geweld te beskerm, is moderne tegnologie gebruik om die Kruger-beeld in 3D te druk, ʼn gietvorm te maak en in brons te giet.





Comments