Oorbetalings aan voormalige raadslede was glo 'n administratiewe fout
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 hours ago
- 1 min read
Die Mangaung-metro het R567 000 aan voormalige raadslede oorbetaal nadat hulle in 2024 reeds uit die raad bedank het, wat die finansiële hoof erken het ’n administratiewe fout was. Dit het twee jaar geneem om te eskaleer, maar word nou glo hanteer.
Netwerk24 berig die metro het Woensdag voor die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn waar dié inligting aan die lig gekom het. Die DA-LP, Farhat Essack, sê dit lyk vreemd dat daar so ’n hoë uitbetaling vir oortyd aan werknemers is, ondanks die gebrek aan ’n geloofwaardige oortydbeleid, wat die ouditeur-generaal by die munisipaliteit uitgelig het. Hy sê die OG het dit herhaaldelik geopper, maar tog boemerang die oortyd en word dit buite finansiële beheer.
Die finansiële hoof van die metro, Zuziwe Lydia Thekiso, sê die oorbetalings is aan oudraadslede ná die verkiesing in Mei 2024 gedoen toe verskeie raadslede tot provinsiale en nasionale vlak verkies is. Sy sê dis ’n suiwer administratiewe fout. Die raadslede het hul bedankings ingedien en dis op die mensehulpbronafdeling-stelsel aangeteken, maar die oordrag van inligting van dié stelsel na die betaalstaat is glo met drie maande vertraag.
Thekiso sê die betrokke raadslede het aangedui hulle sal graag die geld terugbetaal.








Comments