top of page

Oorbevolking by ‘n Vrystaatse natuurreservaat bedreig diere se welstand

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Die oorbevolking van wildspesies by die Vrystaatse Wolhuterskop-natuurreservaat buite Bethlehem bedreig nie net die welstand van die diere nie, maar ook die biodiversiteit.


VrystaatKroon berig volgens die huidige wildtelling, wat deur SANParke gedoen is, oorskry die reservaat se wildbevolking die ekologiese dravermoë met 150%.


Die ekologiese balans is in gevaar, en daarom is ‘n aanbeveling gemaak dat 1 200 blesbokke en 40 elande verwyder moet word.


Die Dihlabeng-munisipaliteit het ‘n advertensie vir bevolkingsbeheer onder wilde diere geplaas.


Voorsitter van die Bethlehemse DBV, Marius Dreyer, het bevestig dat die saak op nasionale vlak hanteer word.


ree


Comments


bottom of page