Oorgroot kabinet 'n struikelblok vir ekonomiese groei
- Armando Pieters

- Jun 25
- 1 min read
Die regering se onwilligheid om sy gordel styf te trek terwyl hy terselfdertyd oorweeg het om belasting soos BTW te verhoog, is ʼn klap in belastingbetalers se gesig – veral armes. Dit volgens die Vryemarkstigting se Ayanda Sakhile Zulu.
Maroela Media berig Zulu sê Suid-Afrika se oorgroot kabinet is nie net ʼn simbool van staatsverkwisting nie, maar ʼn wesenlike struikelblok vir ekonomiese groei.
Die land se kabinet is glo een van die grootste ter wêreld, met meer as 70 ministers en adjunkministers wat oor 32 portefeuljes versprei is.
Saam met elke minister kom nie net ʼn groot salaris nie, maar ook bykomende uitgawe wat verband hou met daardie minister se beveiliging, personeel, voertuie, kantore en ʼn uitgebreide administratiewe stelsel.
Volgens Zulu moet belastingbetalers en skuld dít alles finansier.
Hy voeg by, “hoe groter die kabinet, hoe swaarder die las op ekonomiese groei”.





Comments