top of page

Oorstromings beskadig 35 huise in Bloemfontein se Bergmanplein

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 6
  • 1 min read

Minstens 35 huise by Bergmanplein in Bloemfontein is ná die onlangse swaar reënval oorstroom. SABC News berig die bestuurder van die Rooi Kruisvereniging in die Vrystaat, Claudia Mangwegape, sê die humanitêre organisasie se vrywilligers is sedert Vrydag in die area om die omvang van die situasie te bepaal. Sy sê ook hulle sal geaffekteerde gesinne humanitêre noodleniging bied, en voeg by die gebied is geneig tot oorstromings. Volgens Mangwegape moet dat ‘n oplossing vir die area gevind word, aangesien die area nie geskik is vir mense om te woon nie.

 
 
 

Comments


bottom of page