top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oos-Vrystaatse appels is perfek vir Oosterse markte

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 20, 2025
  • 1 min read

Meer as 160ha appels wat die afgelope vyf jaar in die Oos-Vrystaat geplant is, is perfek in pas met die vereistes van die groeiende Oosterse markte.


So sê die Suid-Afrikaanse vrugte-uitvoerder Freshgold se direkteur, Pieter von Maltitz.


Landbouweekblad berig hy het op die onlangse simposium van Hoogland Vrugtekwekers naby Fouriersburg oor Suid-Afrika se plek in die internasionale appeluitvoeremark gepraat.


Suid-Afrika beklee tans die sewende plek onder appeluitvoerlande, met gemiddeld 45 miljoen kartonne appels wat jaarliks uitgevoer word.


Appels in die Oos-Vrystaat is al in Januarie gereed vir bemarking, wat dit nie net die eerstes van die seisoen in Suid-Afrika maak nie, maar ook die Suidelike Halfrond.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page