Op 96 jaar bak Oom Boet steeds blokkies vir Bloemfontein
- Armando Pieters

- Sep 2
- 1 min read
Boet du Plessis bak al vir die afgelope 27 jaar lank vrugteblokkies wat nou nog in winkels in Bloemfontein te koop is.
Die 96-jarige oom en sy oorlede vrou het altyd saam gebak, en toe sy in 2016 oorlede is, het hy die leisels oorgeneem.
Du Plessis meen dié bakkery hou hom gesond.
Bloemnuus berig in sy kombuis werk die bakproses soos ‘n fabriek – alles staan eers reg voordat hy begin.
Selfs sy agterkleinkind in Amerika is altyd opgewonde as daar ‘n pakkie van “Oupa Boet” se vrugteblokkies kom.





Comments