Openbare byeenkomste word in die DRK verbied
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Demokratiese Republiek die Kongo het 'n verbod geplaas op openbare byeenskomste in vier provinsies, insluitend die hoofstad, Kinshasa, te midde van 'n dodelike ebola-uitbreking.
Dit volg terwyl daar op 8 Julie betogings in Kinshasa beplan word teen voorgestelde grondwetlike hervormings, wat die president, Felix Tshisekedi, kan toelaat om vir 'n derde termyn verkies te word.
Opposisiepartye het die verbod as polities gemotiveerd bestempel met die doel om die betogings te verhoed. Geen van die provinsies waar die verbod van krag is, het sover enige gevalle van ebola aangemeld nie.
Die bevestigde gevalle van ebola het intussen tot 1 307 gestyg, insluitend 377 sterftes.








Comments