top of page

Openbare fondse is glo vir ‘n ‘ANC-geleentheid’ in Bloem gebruik

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 16
  • 1 min read

ActionSA sê hulle het kennis geneem van mediaberigte wat beweer dat die Mangaung Metro Munisipaliteit en Vrystaatse Provinsiale Regering moontlik openbare fondse en staatshulpbronne gebruik het om 'n 'ANC-politieke geleentheid' te finansier.


Hulle voeg in ‘n mediaverklaring by die gerapporteerde geleentheid, wat in Bloemfontein onder die vaandel "Ons Erfenis, Ons Geskiedenis" aangebied is, het na bewering hoofsaaklik as 'n ANC-politieke byeenkoms gedien.


Dit wek vir ActionSA groot kommer oor die vervaagde lyne tussen die regerende party en die staat.


Die party sê indien hierdie bewerings waar is, verteenwoordig dit 'n blatante misbruik van openbare fondse en 'n verraad van die mense van die Vrystaat.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page