top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Operasie Dudula bevorder gemeenskapsekonomie in Soweto

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 31, 2024
  • 1 min read

Die organisasie, Operasie Dudula, gaan ’n loodsprojek in Naledi, Soweto, van stapel stuur om die gemeenskapsekonomie te bevorder deur hulpbronne aan plaaslike inwoners te verskaf om spaza-winkels te open en te bestuur. Eyewitness News berig Operasie Dudula stel die projek bekend as TIDE – Together in Defence of Township Economy. Volgens die leier, Zandile Dabula, gee dit plaaslike inwoners die geleentheid om hul besighede te begin en te laat groei. Sy sê ook daar sal gereeld inspeksies plaasvind om seker te maak hierdie besighede voldoen aan gesondheidsregulasies en standaarde. Volgens Dabula moet die regering vir die swak nakoming van inspeksies aanspreeklik gehou word

 
 
 

Comments


bottom of page