Opod arresteer ‘n vrou vir die indiening van ‘n vals verkragtingsaak

5 hours ago
1 min read
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ’n 18-jarige vrou van Kuruman in hegtenis geneem omdat sy na bewering ’n vals verkragtingsaak teen ’n polisiekonstabel aanhangig gemaak het.
Die konstabel, wat aan Kimberley se Voertuigondersoekeenheid verbonde is, is Sondag in hegtenis geneem, maar die verkragtingsaanklag is teruggetrek.
Die vrou het later aan ondersoekers gesê sy het ’n vals verklaring afgelê oor ’n dispuut oor ’n betaling van R400 ná konsensuele seks.
Opod-woordvoerder Lizzy Suping sê die vrou het in die Kuruman-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.
LUISTER HIER:
Lizzy Suping








Comments