Opod het nie die kapisiteit om misdaad doeltreffend te ondersoek nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 23
- 1 min read
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) erken dat hulle nie die kapasiteit het om georganiseerde en gewelddadige misdaad doeltreffend te ondersoek nie.
Dit volg ná vertragings van byna vier jaar in die saak van die vermoorde Emmanuel Mbense.
Hy is glo in 2022 deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander betrokke partye vermoor.
Die besonderhede van Mbense se moord het verlede jaar na vore gekom tydens Marius van der Merwe, ook bekend as Getuie D, se getuienis voor die Madlanga-kommissie van ondersoek.







Comments