top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Opod neem twee verdagtes vir die diefstal van edelgesteentes in hegtenis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 6
  • 1 min read

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ’n tweede verdagte in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van edelgesteentes in Killarney in Johannesburg.


Die edelgesteentes is byna R15-miljoen werd en is na bewering in 2023 uit ’n huis gesteel.


Die eerste verdagte is Vrydag in hegtenis geneem en die tweede verdagte het homself Sondag aan die polisie oorgegee. 


Albei verdagtes sal in die Johannesburgse landdroshof verskyn. 


Opod sê ondersoeke duur voort en nog ’n arrestasie word verwag.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page