Opod rapporteer ’n toename in beweerde verkragtingsake teen polisiebeamptes

2 hours ago
1 min read
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sê hy het ’n toename in gevalle van beweerde verkragting waarby polisiebeamptes betrokke is, aangeteken.
Volgens Opod het die aantal sulke gevalle van 95 in 2024/25 tot 116 in 2025/26 toegeneem.
Van die 116 verkragtingsake het 72 na bewering betrekking gehad op polisiebeamptes wat aan diens was, terwyl 44 beamptes betrokke was wat nie aan diens was nie.
Opod se woordvoerder, Lizzy Suping, sê hulle het ook meer as 20 skuldigbevindings behaal in sake wat met geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord verband hou.








Comments