Opperman se vermeende moordenaar bly in aanhouding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Eertydse regimen-sersant-majoor, Albertus Opperman, se vermeende moordenaar sal na verwagting weer in Desember in die Bloemfontein landdroshof verskyn.
Volgens Netwerk24 is die verdagte se borgtog vroeër suksesvol teengestaan, en hy bly in aanhouding.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê dit is om tyd te gun vir ‘n belissing deur die direkteur van openbare vervolgens (DOV).
Die woordvoerder voeg by is daar verskeie kwessies wat in die dossier vervat is waarvoor die DOV leiding moet verskaf.
Die beskuldigde, Moeketsi Masioua, is enkele dae na hy glo die Bloemfonteiner in sy huis vermoor het in hegtenis geneem.
Opperman is in September met ‘n steekwond aan sy bors in sy huis in Siembambastraat, Pellissier, gevind.







Comments