top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Opposisie eis einde aan onveilige elektrisiteitsmeter-installasies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 25, 2025
1 min read

Die DA in die Vrystaat vra dat die onveilige installering van elektrisiteitsmeters in die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gestaak word. Die party sê hulle het aan die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in die Vrystaat, Saki Mokoena, geskryf en provinsiale regeringsingryping versoek. Dít volg nadat die DA verskeie klagtes oor die installering van elektrisiteitsmeters in die munisipaliteit ontvang het. Bekommernisse van inwoners en die DA sluit in twyfelagtige aanstellings van kontrakteurs en installasies deur ongekwalifiseerde en ongeregistreerde installeerders. Dr. Roy Jankielsohn van die DA sê die party sal geen onwettige aktiwiteite wat inwoners negatief beïnvloed, duld nie. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page